Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | LUKAS 8-9

Wat is nodig om ’n volgeling van Jesus te word?

Wat is nodig om ’n volgeling van Jesus te word?

9:62

As ’n ploeër reguit wou ploeg, moes hy nie toelaat dat die dinge agter hom sy aandag aftrek nie. Net so kan ’n Christen ook nie toelaat dat die dinge wat hy in die wêreld agtergelaat het sy aandag aftrek nie. — Flp 3:13.

Wanneer ons probleme het, is dit maklik om na ‘die goeie ou dae’ terug te verlang, miskien die tyd voor ons in die waarheid was. As ons dit doen, onthou ons baie keer net die lekker dinge en vergeet ons van die probleme wat ons gehad het. Dit is wat die Israeliete gedoen het nadat hulle uit Egipte weggegaan het (Nu 11:5, 6). As ons aanhou om aan sulke dinge te dink, sal ons dalk wil teruggaan na ons ou lewe. Dit is soveel beter om die seëninge wat ons nou het te waardeer en te fokus op al die wonderlike dinge wat die Koninkryk vir ons in die toekoms gaan doen! — 2Ko 4:16-18.