DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
‘Moet nooit bekommerd wees nie’
Jehovah het die armes in eertydse Israel gehelp. Wat is party van die maniere waarop hy vandag die armes onder sy knegte help?
-
Hy het hulle geleer om ’n gebalanseerde beskouing van geld te hê. – Lu 12:15; 1Ti 6:6-8
-
Hy het hulle gehelp om selfrespek te hê. – Job 34:19
-
Hy het hulle geleer om hard te werk en om weg te bly van gewoontes wat hulle kan seermaak. – Spr 14:23; 20:1; 2Kor 7:1
-
Hy het hulle deel gemaak van ’n liefdevolle Christenbroederskap. – Joh 13:35; 1Jo 3:17, 18
-
Hy gee hulle hoop. – Ps 9:18; Jes 65:21-23
Maak nie saak hoe desperaat ons situasie dalk word nie, ons hoef nie bekommerd te wees nie (Jes 30:15). Jehovah sal in ons materiële behoeftes voorsien solank ons sy Koninkryk eerste stel. – Mt 6:31-33.
KYK NA DIE VIDEO LIEFDE FAAL NOOIT TEN SPYTE VAN . . . ARMOEDE – KONGO, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het die broers wat naby streekbyeenkomsplekke bly liefdevolle gasvryheid bewys aan dié wat na die byeenkoms moes kom?
-
Wat leer hierdie video ons oor Jehovah se liefde vir die armes?
-
Hoe kan ons Jehovah navolg, maak nie saak hoeveel materiële dinge ons het nie?