LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Bereik die hart
Gehoorsaamheid aan God kom uit die hart (Spr 3:1). Daarom moet ons, wanneer ons ander onderrig, probeer om hulle hart te bereik. Hoe?
Moenie net vir jou student Bybelwaarhede leer nie, maar help hom om te sien hoe dit met sy lewe en sy verhouding met Jehovah verband hou. Help hom om te verstaan hoe Bybelstandaarde ’n bewys is van God se liefde, goedheid en regverdigheid. Vra vir hom taktvolle vrae wat hom sal help om te besef hoe hy voel oor die dinge wat hy leer. Help hom om te redeneer oor hoe dit hom persoonlik sal help as hy ’n verkeerde gesindheid of gewoonte verander. Wanneer jy sien dat jou student Jehovah uit die hart liefhet, sal jy groter vreugde hê.
KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – BEREIK DIE HART, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoekom het Neeta vir Jade gevra: “Het jy toe verder gedink aan waaroor ons Maandag gepraat het?”
-
Hoe het Neeta vir Jade gehelp om te sien hoe Bybelstandaarde verband hou met Jehovah se liefde vir haar?
-
Hoe het Neeta vir Jade gehelp om te redeneer oor hoe sy haar liefde vir God kan wys?