Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Betoon meegevoel

Betoon meegevoel

Meegevoel is die vermoë om te verstaan hoe ander mense dink en voel, wat hulle waardes is en wat hulle nodig het. As ons meegevoel het, sal ons ander regtig wil help, en hulle sal dit maklik agterkom. As ons meegevoel betoon wanneer ons velddiens doen, volg ons Jehovah se liefde en sorg na, en dit sal mense na hom toe trek. − Flp 2:4.

Om meegevoel te betoon is nie net ’n tegniek wat ons gebruik wanneer ons preek nie − die manier waarop ons luister en praat asook ons gesindheid, gebare en gesigsuitdrukkings wys dat ons regtig meegevoel het. Ons wys dat ons meegevoel het deur ons opregte belangstelling in iemand anders. Ons let op waarin die persoon belangstel, wat hy glo en wat sy omstandighede is. Ons gee praktiese inligting en hulp, maar dwing niemand om te verander nie. Wanneer mense hierdie hulp aanvaar, gee dit ons groter vreugde in die bediening.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – BETOON MEEGEVOEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade laat was?

  • Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade gesê het dat sy te veel stres het om haar studie te hê?

  • Mense word na Jehovah getrek wanneer ons meegevoel met hulle het

    Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade gesê het dat sy nie goed georganiseerd is nie?