Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Behandel ouer vrouens soos ma’s, jonger vrouens soos susters

Behandel ouer vrouens soos ma’s, jonger vrouens soos susters

Die Bybel sê dat ons ouer Christene moet behandel asof hulle ons ma’s en pa’s is, en die jongeres asof hulle ons broers en susters is. (Lees 1 Timoteus 5:1, 2.) Veral broers moet susters met waardigheid en respek behandel.

’n Broer sal nooit met ’n suster flirt of enige iets doen wat haar ongemaklik sal laat voel nie (Job 31:1). ’n Ongetroude broer sal nie met die gevoelens van ’n ongetroude suster speel deur haar te laat dink dat hy romanties in haar belangstel as dit nie so is nie.

Ouermanne moet vriendelik aandag skenk aan susters wat respekvol ’n vraag vra of wat hulle bewus maak van iets wat dalk hulle aandag nodig het. Ouermanne moet veral bedagsaam wees teenoor dié wat nie ’n man het om hulle te beskerm nie. – Rut 2:8, 9

KYK NA DIE VIDEO HOU AAN OM IN DIE GEMEENTE TE WYS DAT JY LIEF IS VIR – WEDUWEES EN WEESKINDERS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die gemeente groot liefde aan suster Myint bewys?

  • Hoe was die liefde van die gemeente ’n goeie getuienis vir die mense in die dorpie?

  • Watter invloed het die liefde van die gemeente op suster Myint se dogters gehad?

Wat is ’n paar praktiese maniere waarop jy liefdevolle bedagsaamheid kan wys teenoor die susters in julle gemeente?