DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik
Die broers werk hard daaraan om die voorgestelde gesprekke voor te berei, en baie verkondigers het gevind dat dit goed werk in hulle gebied. Maar omstandighede regoor die wêreld verskil. Daarom kan verkondigers in hulle bediening ’n ander manier gebruik om die gesprek te begin of ’n ander onderwerp bespreek waarin mense in hulle gebied sal belangstel. Almal moet natuurlik die instruksies vir ’n spesiale kampanje volg. Ons doelwit is om gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig. – Mt 24:14.
Wanneer verkondigers ’n studentetoewysing het, moet hulle die onderwerp van die voorgestelde gesprek in die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek gebruik. Maar tensy anders aangedui word, kan hulle ander vrae, tekste of ’n ander agtergrond gebruik wat in hulle plaaslike gebied sal werk. Dit verander die riglyne wat op bladsy 8 van die vergaderingwerkboek vir Junie 2020 verskyn het.