SKATTE UIT GOD SE WOORD
Hulle het met hulle hande en hulle harte gebou
Salomo het die beste boumateriaal gebruik om die tempel te bou (1Kn 5:6, 17; w11 2/1 15)
Baie het met die werk gehelp (1Kn 5:13-16; it-1-E 424; it-2-E 1077 ¶1)
Salomo en die volk het sewe jaar lank hard gewerk om die projek te voltooi (1Kn 6:38; sien prent op voorblad)
Omdat Salomo en die volk baie lief was vir Jehovah, het hulle ’n pragtige tempel gebou om hom te loof. Ongelukkig was die generasies wat ná hulle gelewe het, nie so ywerig om Jehovah te dien nie. Hulle het nie na die tempel omgesien nie, en dit was uiteindelik vernietig.
VRA JOU AF: ‘Wat doen ek om ywerig te bly in Jehovah se diens?’