SKATTE UIT GOD SE WOORD
Is die dinge wat jy gee, ’n offerande?
Dawid was beveel om ’n altaar op te rig op die dorsvloer van Arauna (2Sa 24:18)
Arauna was vrygewig en het die grond en die diere wat geoffer moes word, geskenk (2Sa 24:21-23)
Dawid wou nie offerandes bring wat hom niks sou kos nie (2Sa 24:24, 25; it-1-E 146)
Dit maak Jehovah bly wanneer ons ons tyd, energie en middele gewillig opoffer om hom te dien (w12 1/15 18 ¶8). Watter doelwitte kan jy stel om ’n groter “lofoffer” aan hom te bring? – Heb 13:15.