Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jy kan jou gesin help om gelukkiger te wees

Jy kan jou gesin help om gelukkiger te wees

Jehovah wil hê dat gesinne gelukkig moet wees (Ps 127:3-5; Pr 9:9; 11:9). Maar ons kan ons vreugde verloor as gevolg van die stres in hierdie wêreld en die foute van gesinslede. Wat kan elkeen doen om die gesin te help om gelukkiger te wees?

’n Man behandel sy vrou met respek (1Pe 3:7). Hy spandeer tyd saam met haar. Hy is realisties in wat hy van haar verwag en hy wys dat hy dankbaar is vir wat sy vir hom en die gesin doen (Kol 3:15). Hy sê vir haar dat hy haar liefhet en hy prys haar. – Spr 31:28, 31.

’n Vrou soek na maniere om haar man te ondersteun (Spr 31:12). Sy is onderdanig aan hom en werk saam met hom (Kol 3:18). Sy praat op ’n liefdevolle manier met hom en oor hom. – Spr 31:26.

Ouers spandeer tyd saam met hulle kinders (De 6:6, 7). Hulle sê vir hulle kinders dat hulle hulle liefhet (Mt 3:17). Wanneer ouers hulle kinders dissiplineer, doen hulle dit met liefde en goeie oordeel. – Ef 6:4.

Kinders eer en gehoorsaam hulle ouers (Spr 23:22). Hulle sê vir hulle ouers wat hulle dink en hoe hulle voel. Hulle aanvaar dissipline van hulle ouers en respekteer hulle. – Spr 19:20.

KYK NA DIE VIDEO HELP JOU GESIN OM GELUKKIG TE WEES, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:

• Wat het elkeen gedoen om die gesin te help om gelukkiger te wees?