Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Spesiale kampanje in September om God se Koninkryk te verkondig!

Spesiale kampanje in September om God se Koninkryk te verkondig!

Gedurende September gaan ons ’n spesiale poging aanwend om te wys dat God se Koninkryk die enigste oplossing vir ons probleme is (Mt 24:14). Hoe kan jy daaraan deelneem? Deel ’n teks oor God se Koninkryk met soveel mense as moontlik gedurende dié maand. As iemand belangstel, gee vir die persoon ’n kopie van die publieke uitgawe van Die Wagtoring, nr. 2 van 2020. Dan moet jy so gou as moontlik na die belangstellende teruggaan en probeer om ’n Bybelstudie in die Geniet die lewe vir ewig!-brosjure te begin. Almal wat in September as hulppioniers gaan dien, kan kies of hulle 15 of 30 uur wil doen.

God se Koninkryk sal binnekort alle regerings vernietig wat dit teëstaan (Da 2:44; 1Kor 15:24, 25). Mag ons ten volle gebruik maak van hierdie spesiale geleentheid om te wys dat ons aan die kant van Jehovah en sy Koninkryk is!