Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wat is jou doelwitte vir die nuwe diensjaar?

Wat is jou doelwitte vir die nuwe diensjaar?

Geestelike doelwitte sluit enige iets in waaraan ons hard werk om te bereik sodat ons meer in Jehovah se diens kan doen en hom gelukkig kan maak. Geestelike doelwitte help ons om vordering in die waarheid te maak en die tyd en energie wat ons daarvoor opoffer, is die moeite werd (1Ti 4:15). Hoekom moet ons ons geestelike doelwitte gereeld ondersoek? Omdat ons omstandighede verander. ’n Doelwit wat ons voorheen gemaak het, is dalk nie meer realisties nie of dalk het ons alreeds daardie doelwit bereik en kan ons nog een stel.

’n Goeie tyd om doelwitte te ondersoek, is voor die begin van ’n nuwe diensjaar. Kan julle hierdie onderwerp gedurende gesinsaanbidding bespreek en ’n paar persoonlike en familie doelwitte stel?

Wat is jou spesifieke doelwitte wanneer dit kom by die volgende dinge, en watter stappe sal jy neem om dit te bereik?

Bybellees, persoonlike studie, vergaderingbywoning, antwoorde. – w02 6/15 15 ¶14-15

Velddiens. – w23.05 27 ¶4-5

Christelike eienskappe. – w22.04 23 ¶5-6

Ander: