Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Volg Jehovah se lojale liefde na

Volg Jehovah se lojale liefde na

Jehovah is die beste voorbeeld van lojale liefde (Ps 103:11). Hierdie liefde is nie iets wat jy vir ’n kort rukkie voel of wat vinnig verbygaan nie. Lojale liefde is ’n hegte, blywende verbintenis. Jehovah het hierdie eienskap teenoor sy volk Israel op baie maniere gewys. Hy het hulle uit slawerny in Egipte bevry en hulle na die Beloofde Land gebring (Ps 105:42-44). Hy het vir sy volk geveg en hulle herhaaldelik vergewe wanneer hulle gesondig het (Ps 107:19, 20). As ons “diep nadink oor Jehovah se dade van lojale liefde”, sal dit ons motiveer om hom na te volg. – Ps 107:43.

KYK NA DIE VIDEO ‘LET OP JEHOVAH SE DADE VAN LIEFDERYKE GOEDHARTIGHEID’, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Op watter maniere kan ons lojale liefde wys?

  • Hoekom moet ons opofferings maak om lojale liefde te wys?