Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kokkinakis v. Greece: Droit réservé

Kloksgewys van links bo: West Virginia State Board of Education v. Barnette; Kokkinakis v. Greece; Taganrog LRO and Others v. Russia; Cha and Others v. South Korea

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Die goeie nuus word “verdedig en wetlik bevestig”

Die goeie nuus word “verdedig en wetlik bevestig”

Toe teenstanders die Israeliete probeer keer het om die tempel te herbou, het die bouers alles gedoen wat nodig was om volgens hulle wetlike reg voort te gaan met die bouwerk (Esr 5:11-16). Net so doen Christene alles wat nodig is om die goeie nuus te verdedig en wetlik te bevestig (Flp 1:7). Daarom was ’n Regsafdeling in 1936 by die wêreldhoofkwartier gestig. Vandag organiseer die Regsafdeling van die Wêreldhoofkwartier die verdediging van Koninkryksbelange regoor die wêreld. Hoe het hierdie afdeling Koninkryksbelange bevorder en God se volk gehelp?

KYK NA DIE VIDEO TOER VAN DIE REGSAFDELING BY DIE WÊRELDHOOFKWARTIER, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter regsprobleme het Jehovah se Getuies al ondervind?

  • Watter regsoorwinnings het ons al gehad? Gee ’n voorbeeld

  • Wat kan elkeen van ons doen om te help om die goeie nuus te “verdedig en wetlik [te] bevestig”?

  • Waar op ons webwerf kan ons meer leer oor regsverwikkelinge wat God se volk raak en waar kan ons ’n lys vind van Jehovah se Getuies wat in die tronk is vir hulle geloof?