Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hulle werk hard om ons te dien

Hulle werk hard om ons te dien

Kringopsieners en hulle vrouens wys selfopofferende liefde aan dié vir wie hulle dien. Net soos almal van ons het hulle persoonlike behoeftes en voel hulle ook soms moeg, mismoedig en angstig (Jak 5:17). Maar elke week fokus hulle daarop om die broers en susters aan te moedig in die gemeente wat hulle besoek. Kringopsieners “verdien [beslis] dubbele eer”. – 1Ti 5:17.

Toe die apostel Paulus sy besoek na Rome beplan het om “die een of ander geestelike gawe” aan die gemeente daar oor te dra, het hy daarna uitgesien dat hulle “mekaar kan aanmoedig” (Ro 1:11, 12). Het jy al gedink aan hoe jy jou kringopsiener en sy vrou, as hy getroud is, kan aanmoedig?

KYK DIE VIDEO DIE LEWE VAN ’N KRINGOPSIENER IN AFGESONDERDE GEBIEDE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Op watter maniere wys kringopsieners en hulle vrouens selfopofferende liefde vir die gemeente?

  • Hoe het hulle pogings jou persoonlik gehelp?

  • Hoe kan ons hulle aanmoedig?