Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

26 Augustus–1 September

PSALM 78

26 Augustus–1 September

Lied 97 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Israel se ontrouheid – ’n Waarskuwende voorbeeld

(10 min.)

Israel het Jehovah se wonderlike werke vergeet (Ps 78:​11, 42; w96 12/1 29-30)

Israel het nie die goeie dinge waardeer wat Jehovah hulle gegee het nie (Ps 78:19; w06 7/15 17 ¶16)

Die Israeliete het nie uit hulle foute geleer nie, hulle was eerder keer op keer ontrou (Ps 78:​40, 41, 56, 57; w11 7/1 10 ¶3-4)


DINK HIEROOR NA: Wat sal ons help om nie ontrou aan Jehovah te wees nie?

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 78:​24, 25 – Hoekom word manna “die graan van die hemel” en “die brood van magtiges” genoem? (w06 7/15 11 ¶5)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 5: Punt 5).

5. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Gebruik ’n pamflet om ’n gesprek te begin. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 5: Punt 4).

6. Begin ’n gesprek

(1 min.) HUIS TOT HUIS. Die persoon vra jou om die gesprek kort te hou. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 2: Punt 5).

7. Begin ’n gesprek

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Sonder om ’n spesifieke Bybelwaarheid te deel, vind ’n natuurlike manier om vir die persoon te sê dat jy een van Jehovah se Getuies is, en bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 2: Punt 4).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 96

8. Leer uit die voorbeeld van Filippus die evangelieprediker

(15 min.) Bespreking.

Die Bybel is vol goeie en slegte voorbeelde. As ons daardeur gehelp wil word, moet ons die tyd maak en die moeite doen om daaroor te leer. Ons moet ook nadink oor die lesse wat ons leer, en dan ons gedrag daarvolgens aanpas.

Filippus die evangelieprediker was ’n Christen wat bekend was as iemand wat “vol gees en wysheid” was (Han 6:​3, 5). Watter lesse kan ons uit sy voorbeeld leer?

Speel die VIDEO Leer by hulle – Filippus die evangelieprediker. Vra dan die gehoor watter lesse hulle geleer het uit elkeen van die volgende:

  • Wat Filippus gedoen het toe sy omstandighede skielik verander het. – Han 8:​1, 4, 5

  • Die seëninge wat Filippus ontvang het omdat hy bereid was om te gaan waar daar meer hulp nodig was. – Han 8:​6-8, 26-31, 34-40

  • Die voordele wat dit ingehou het vir Filippus en sy familie omdat hulle gasvry was. – Han 21:​8-10

  • Die vreugde wat die familie in die video ondervind het omdat hulle Filippus se voorbeeld gevolg het

9. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 101 en gebed