Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

29 Julie–4 Augustus

PSALM 69

29 Julie–4 Augustus

Lied 13 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Hoe gebeure in Jesus se lewe in Psalm 69 voorspel is

(10 min.)

Jesus was sonder rede gehaat (Ps 69:4; Joh 15:​24, 25; w11 8/15 11 ¶17)

Jesus was ywerig vir Jehovah se huis (Ps 69:9; Joh 2:​13-17; w10 12/15 8 ¶7-8)

Jesus het emosionele pyn ondervind en was wyn gemeng met gal aangebied (Ps 69:​20, 21; Mt 27:34; Lu 22:44; Joh 19:34; g95 10/22 31 ¶4; it-2-E 650)


DINK HIEROOR NA: Hoekom het Jehovah profesieë oor die Messias in die Hebreeuse Geskrifte ingesluit?

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 69:​30, 31 – Hoe kan hierdie verse ons help om die gehalte van ons gebede te verbeter? (w99 1/15 18 ¶11)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Geduld – Wat Jesus gedoen het

(7 min.) Bespreking. Speel die VIDEO, en bespreek dan lmd les 8: Punt 1-2.

5. Geduld – Volg Jesus na

(8 min.) Bespreking gebaseer op lmd les 8: Punt 3-5 en “Sien ook”.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 134

6. Plaaslike behoeftes

(5 min.)

7. Beginsels vir Gesinsaanbidding

(10 min.) Bespreking.

In Januarie 2009 het die Gemeentelike Boekstudie, die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering saamgesmelt en een vergadering in die week geword. Dit het gesinne die geleentheid gegee om elke week hulle eie program vir gesinsaanbidding te hê. Baie het gesê hoe dankbaar hulle is om ’n aand vir gesinsaanbidding te hê omdat dit hulle gehelp het om nader aan Jehovah en mekaar te kom. – De 6:​6, 7.

Wat is ’n paar beginsels wat gesinshoofde kan help om ’n sukses van hulle aand vir Gesinsaanbidding te maak?

  • Hou dit gereeld. As dit moontlik is, moet jy elke week ’n vaste tyd vir gesinsaanbidding reël. Beplan vooraf om dit op ’n ander dag te doen vir ingeval iets voorval

  • Berei voor. Vra jou vrou vir raad, en vra soms jou kinders vir voorstelle. Jy kan jou voorbereiding eenvoudig hou, veral as die gesin dit geniet om dieselfde soort aktiwiteite elke week te doen

  • Pas die program aan volgens jou gesin se behoeftes. Soos kinders ouer word, verander hulle behoeftes en vermoëns. Die program moet elke lid van die gesin help om geestelik te groei

  • Behou ’n liefdevolle, ontspanne atmosfeer. Julle kan besluit om buite te studeer wanneer die weer dit toelaat. Vat ’n breek wanneer dit nodig is. Dit is goed om spesifieke probleme te bespreek wat jou kinders het, maar moenie gesinsaanbidding gebruik om jou kinders uit te skel of te dissiplineer nie

  • Doen verskillende dinge. Byvoorbeeld, julle aand kan insluit om ’n gedeelte van die volgende vergadering voor te berei, om ’n video op jw.org te kyk en te bespreek en oefensessies te hou vir die bediening. Alhoewel besprekings die hoofdeel van die aand vir Gesinsaanbidding moet wees, kan julle ook tyd opsysit vir gesinslede om persoonlike studie te doen

Bespreek hierdie vraag:

  • Hoe het jy probeer om hierdie beginsels in julle gesinsaanbidding toe te pas?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 114 en gebed