Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

5-11 Augustus

PSALM 70-72

5-11 Augustus

Lied 59 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Vertel die volgende geslag van God se krag

(10 min.)

Dawid het Jehovah se beskerming ondervind toe hy jonk was (Ps 71:5; w99 9/1 18 ¶17)

Dawid het gevoel hoe Jehovah hom ondersteun toe hy oud word (Ps 71:9; g04 10/8 23 ¶3)

Dawid het jonger mense aangemoedig deur hulle van sy ondervindinge te vertel (Ps 71:​17, 18; w14 1/15 23 ¶4-5)

VRA JOU AF: ‘Gedurende ons aand vir Gesinsaanbidding, watter broer of suster wat Jehovah al lank dien, wil ek graag ’n onderhoud mee voer?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 72:8 – Hoe was Jehovah se belofte aan Abraham wat in Genesis 15:18 gevind word gedurende die heerskappy van koning Salomo vervul? (it-1-E 768)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. As die persoon stryerig word, beëindig die gesprek op ’n positiewe noot (lmd les 4: Punt 5).

5. Volg op

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Gaan voort met ’n gesprek wat jy voorheen met ’n familielid gehad het, wat dan huiwer om die Bybel te studeer (lmd les 8: Punt 4).

6. Verduidelik wat jy glo

(5 min.) Toespraak. ijwfq 49 – Tema: Waarom het Jehovah se Getuies party van hulle oortuigings verander? (th studie 17)

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 76

7. Idees vir Gesinsaanbidding

(15 min.) Bespreking.

Gesinsaanbidding is ’n belangrike tyd om kinders te leer oor “die dissipline en riglyne van Jehovah” (Ef 6:4). Al vereis dit werk om te leer, kan dit nog steeds ’n lekker ondervinding wees, veral soos kinders ’n begeerte ontwikkel om meer oor Bybelwaarhede te leer (Joh 6:27; 1Pe 2:2). Kyk na die venster “ Idees vir Gesinsaanbidding” wat ouers kan help om die aand vir Gesinsaanbidding leersaam en lekker te maak, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter van hierdie voorstelle wil jy graag probeer?

  • Het jy nog iets gevind wat jou kan help?

Speel die VIDEO Hou aan om julle Gesinsaanbidding te verbeter. Vra dan vir die gehoor:

  • Hoe kan ’n man gesinsaanbidding vir sy vrou lekker maak as daar nie kinders in die huis is nie?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 123 en gebed