“Werp jou las op Jehovah”
Dawid het talle oorweldigende beproewinge in sy lewe deurgemaak. Teen die tyd dat Psalm 55 geskryf is, het hy die volgende dinge deurgemaak:
-
Hy is beledig
-
Hy is vervolg
-
Hy het intense skuldgevoelens gehad
-
Hy het gesinstragedie ondervind
-
Hy was siek
-
Hy is verraai
Selfs toe sy laste oorweldigend gelyk het, het Dawid ’n manier gevind om dit te verduur. Dawid gee die volgende geïnspireerde raad aan enigiemand wat moontlik dieselfde voel: “Werp jou las op Jehovah.”
Hoe kan ons hierdie vers vandag toepas?
-
Nader Jehovah in hartgrondige gebed oor enige probleem, bekommernis of angstigheid
-
Soek leiding en ondersteuning in Jehovah se Woord en by sy organisasie
-
Doen redelikerwys wat jy kan om die situasie in ooreenstemming met Bybelbeginsels te verbeter