DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Die Koninkryk —Die eerste 100 jaar
Diegene wat onderdane van God se Koninkryk wil wees, moet soveel as moontlik leer omtrent die Koninkryk en wat dit bereik het. Waarom? Dit sal hulle geloof versterk dat God se Koninkryk regeer en hulle harte beweeg om die goeie nuus van God se Koninkryk aan ander te vertel (Psalm 45:1; 49:3). Kyk die video Die Koninkryk—Die eerste 100 jaar, en vind die antwoorde op die volgende vrae:
-
Waarom was die “Fotodrama van die Skepping” ’n seën vir diegene wat dit gekyk het?
-
Hoe is die radio gebruik om mense met die goeie nuus te bereik?
-
Watter ander metodes is gebruik om die goeie nuus te verkondig, en wat het dit tot gevolg gehad?
-
Hoe het opleiding vir die bediening oor die jare verbeter?
-
Watter praktiese opleiding het Gileadstudente ontvang?
-
Watter rol het byeenkomste daarin gespeel om Jehovah se volk te onderrig?
-
Wat oortuig jou dat God se Koninkryk regeer?
-
Hoe toon ons dat ons God se Koninkryk ondersteun?