Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Gebruik video’s om te onderrig

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Gebruik video’s om te onderrig

WAAROM DIT BELANGRIK IS:

Video’s kan mense se hart raak omdat hulle die inligting nie net deur hulle ore inneem nie, maar ook deur hulle oë. Dit help om die aandag te boei en om ’n blywende indruk te maak. Jehovah is die beste voorbeeld van iemand wat visuele hulpmiddele gebruik het om ander te leer.—Han 10:9-16; Op 1:1.

Die video’s Het God ’n naam?, Wie is die Outeur van die Bybel? en Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is? vul les 2 en 3 van die Goeie nuus-brosjure aan. Die video’s Waarom moet jy die Bybel studeer?, Wat gebeur tydens ’n Bybelstudie? en Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? spoor mense aan om die Bybel saam met ons te studeer of om gemeentelike vergaderinge by te woon. Party van ons vollengte video’s kan ook gebruik word om tydens Bybelstudies te onderrig.—km 5/13 3.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Laai die video wat jy vir die huisbewoner wil wys, voor die tyd af

  • Berei een of twee vrae voor wat in die video beantwoord sal word

  • Kyk saam na die video

  • Bespreek die hoofpunte

PROBEER DIE VOLGENDE:

  • Gaan na die agterblad van een van ons traktate en vestig die aandag op die kode wat gaan na die video Waarom moet jy die Bybel studeer?

  • Wys die video Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is? en bied die Goeie nuus-brosjure aan deur die aandag op les 3 te vestig