Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ouers, gee julle kinders die beste kans om suksesvol te wees

Ouers, gee julle kinders die beste kans om suksesvol te wees

Ouers wat Jehovah liefhet, wil graag hê dat hulle kinders getroue knegte van Hom moet word. Ouers kan hulle kinders hiermee help deur hulle van kleins af te leer wat die Bybel sê en daarvoor lief te wees (De 6:7; Spr 22:6). Is dit harde werk? Beslis! Maar die seëninge maak dit die moeite werd. — 3Jo 4.

Ouers kan baie by Josef en Maria leer. Hulle “was gewoond om van jaar tot jaar vir die pasgafees na Jerusalem te gaan”, al was dit harde werk en het dit geld gekos (Lu 2:41). Dit was vir hulle baie belangrik dat hulle gesin nader aan Jehovah moes kom. Ouers kan vandag hulle kinders ook help om op die regte pad te bly deur elke geleentheid te gebruik om hulle kinders te leer deur wat hulle sê en wat hulle doen. — Ps 127:3-5.

KYK NA DIE VIDEO HULLE HET ELKE GELEENTHEID GEBRUIK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Jon en Sharon Schiller die Koninkryk altyd eerste gestel terwyl hulle hulle kinders grootgemaak het?

  • Hoekom moet ouers elke kind op ’n ander manier leer en dissiplineer?

  • Hoe kan ouers hulle kinders daarop voorberei om te volhard wanneer hulle geloof getoets word?

  • Watter hulpmiddels wat deur Jehovah se organisasie voorsien word, het julle al gebruik om julle kinders te help om vriende van Jehovah te word?

Maak julle diens aan Jehovah die belangrikste ding in julle lewe