DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Wees wys in jou keuse van vermaak
Hoekom moet ons wyse besluite neem wanneer ons vermaak kies? Waarmee vul ons ons verstand wanneer ons ’n fliek kies om na te kyk, ’n liedjie om na te luister, ’n webwerf om te besoek, ’n boek om te lees of ’n videospeletjie om te speel? Ons keuses beïnvloed ons gedrag. Ongelukkig bevat baie van vandag se vermaak dinge wat Jehovah veroordeel (Ps 11:5; Ga 5:19-21). Daarom spoor die Bybel ons aan om voort te gaan om dinge te bedink wat Jehovah eer. – Flp 4:8.
KYK NA DIE VIDEO WATTER SOORT VERMAAK MOET EK KIES?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe is die Romeinse gladiatorspele van die ou tyd baie dieselfde as party van die soorte vermaak wat ons vandag kry?
-
Hoe kan broers en susters in die gemeente jongmense help om goeie besluite te neem wanneer hulle vermaak kies?
-
Hoe moet Romeine 12:9 ons keuse van vermaak beïnvloed?
-
Wat is ’n paar voorbeelde van opbouende vermaak daar waar julle woon?