Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Die opstanding—Deur die losprys moontlik gemaak

Die opstanding—Deur die losprys moontlik gemaak

Die Gedenkmaal bied ons ’n goeie geleentheid om na te dink oor die toekomstige seëninge wat deur die losprys moontlik gemaak word. Een van hierdie seëninge is die opstanding. Jehovah wou nooit hê dat mense doodgaan nie. Dit is waarom die dood van ’n geliefde een van die pynlikste ervarings is wat ’n mens kan hê (1Ko 15:26). Dit het Jesus bedroef om te sien hoe hartseer sy dissipels oor die dood van Lasarus was (Joh 11:33-35). Aangesien Jesus sy Vader volmaak weerspieël, weet ons dat dit Jehovah ook bedroef wanneer hy sien hoe hartseer ons is wanneer ’n geliefde sterf (Joh 14:7). Jehovah sien gretig uit na die tyd wanneer hy sy knegte uit die dood sal opwek, en ons moet ook daarna uitsien.—Job 14:14, 15.

Jehovah is ’n God van orde, en daarom kan ons seker wees dat die opstanding ordelik sal plaasvind (1Ko 14:33, 40). Begrafnisse sal miskien vervang word deur verwelkomings vir diegene wat uit die dood opgewek word. Dink jy na oor die opstandingshoop, veral wanneer jy bedroef is? (2Ko 4:17, 18). Bedank jy Jehovah vir die voorsiening van die opstanding en dat hy in die Skrif geopenbaar het dat die dooies weer sal lewe?—Kol 3:15.

  • Watter van jou vriende en familielede wil jy graag weer sien?

  • Watter Bybelkarakters wil jy graag ontmoet en mee gesels?