Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Berei jou eie tydskrifaanbieding voor

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Berei jou eie tydskrifaanbieding voor

WAAROM BELANGRIK: Hoewel die voorgestelde aanbiedings in die vergaderingwerkboek nuttige idees voorsien, is dit net sketse. Jy moet jou eie woorde gebruik. Jy sal dalk ’n ander benadering verkies of voel dat ’n ander onderwerp meer belangstelling in julle gebied sal wek. Nadat jy die tydskrif gelees het, die voorgestelde aanbiedings deurgegaan het en die videodemonstrasies gesien het, kan jy dan die volgende wenke gebruik om jou eie aanbieding voor te berei.

HOE OM DIT TE DOEN:

Vra jou af: ‘Wil ek een van die voorgestelde aanbiedings gebruik?’

JA

  • Berei voor hoe jy die gesprek sal begin. Groet vriendelik en sê dan kortliks wat die rede is vir jou besoek. (Voorbeeld: “Ek besoek jou, want . . . ”)

  • Dink aan hoe jy sal oorgaan van die vraag na die teks en dan na die aanbod. (Voorbeeld: Om ’n teks in te lei, kan jy sê: “Hierdie teks bevat ’n bevredigende antwoord op daardie vraag.”)

NEE

  • Kies ’n onderwerp uit die tydskrif wat jy interessant vind en waarin mense in julle gebied sal belangstel

  • Dink aan ’n beskouingsvraag wat gesprekke sal aanwakker en die huisbewoner sal laat dink, maar wat hom of haar nie ongemaklik sal laat voel nie. (Voorbeeld: Die vrae wat op bladsy 2 van die tydskrifte verskyn.)

  • Kies ’n teks om te lees. (As jy die Ontwaak! aanbied, kan jy besluit of jy ’n teks wil lees, aangesien hierdie tydskrif ontwerp is vir mense wat min van die Bybel weet en dalk geen vertroue in godsdiens het nie.)

  • Dink aan een of twee sinne om te verduidelik hoe die huisbewoner by die artikel sal baat vind

IN ALBEI GEVALLE

  • Berei ’n vraag voor wat jy op die herbesoek sal beantwoord

  • Maak aantekeninge om jou te help om te onthou wat jy tydens die herbesoek wil sê