Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Voorgestelde aanbiedings

Voorgestelde aanbiedings

DIE WAGTORING

Vraag: Wat dink jy is die grootste geskenk wat God ons al ooit gegee het?

Teks: Joh 3:16

Aanbod: Hierdie maand wys Die Wagtoring waarom Jesus aarde toe gestuur is om vir ons te sterf en hoe ons waardering vir hierdie geskenk kan toon.

WAT IS DIE KONINKRYK VAN GOD?

Vraag: [Wys die voorblad van die traktaat.] Hoe sal jy hierdie vraag beantwoord? Is die Koninkryk van God iets in jou hart, iets figuurliks of ’n regering in die hemel?

Teks: Da 2:44; Jes 9:6

Aanbod: Hierdie traktaat verduidelik wat God se Koninkryk vir jou kan beteken.

GEDENKMAALUITNODIGING

Aanbod: Ons nooi mense uit na ’n baie belangrike geleentheid. [Bied die uitnodiging aan.] Op 11 April sal miljoene mense regoor die wêreld bymekaarkom om Jesus se dood te herdenk. Hulle sal ook na ’n gratis Bybeltoespraak luister oor hoe ons by Jesus se dood kan baat vind. Hierdie uitnodiging dui die tyd en plek aan waar die vergadering in ons gebied gehou sal word. Ons hoop dat jy dit saam met ons sal bywoon.

BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR

Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbieding voor te berei.