Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wie doen vandag Jehovah se wil?—Hoe om dit te gebruik

Wie doen vandag Jehovah se wil?—Hoe om dit te gebruik

Wat is die doel van die brosjure Wie doen vandag Jehovah se wil? Dit is ontwerp om voor of ná elke studie met ’n Bybelstudent bespreek te word. * Les 1 tot 4 beskryf watter soort mense ons is en les 5 tot 14 vertel meer oor ons bedrywighede. Les 15 tot 28 wys hoe ons organisasie werk. Dit sal goed wees om die lesse in volgorde deur te gaan, behalwe as dit nodig is om ’n spesifieke onderwerp te bespreek. Elke les is net ’n bladsy lank en kan binne vyf tot tien minute bespreek word.

  • Vestig eers die aandag op die titel van die les

  • Lees dan die hele les saam deur of lees die paragrawe een vir een

  • Bespreek die gedeelte wat julle gelees het. Gebruik die vrae aan die onderkant van die bladsy en bespreek die prente. Lees en bespreek die tekste waar dit gepas is. Beklemtoon dat die vetgedrukte onderhofies die vraag in die titel beantwoord

  • As daar ’n “Vind meer uit”-venster in die les is, lees dit saam deur en moedig jou student aan om die voorstel toe te pas

^ par. 3 Die aanlyn brosjure is die nuutste weergawe.