Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Luister na God en lewe vir ewig—Hoe om dit te gebruik

Luister na God en lewe vir ewig—Hoe om dit te gebruik

Die brosjure Luister na God en lewe vir ewig leer basiese Bybelwaarhede aan mense wat nie goed kan lees nie. Die meeste bladsye het ’n venster met bykomende inligting wat bespreek kan word, afhangende van die student se vermoë.

Jy kan hierdie brosjure aanbied, al is dit nie die aanbod vir die maand nie. Wanneer jy ’n studie hou, kan jy die prente gebruik om Bybellesse te verduidelik. Gebruik vrae om te hoor wat die student dink en om seker te maak dat hy die les verstaan. Lees en bespreek die tekste onderaan elke bladsy. Nadat julle die brosjure afgehandel het, kan jy jou student help om tot doop te vorder deur Wat leer die Bybel werklik? te studeer.