Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Help jou gesin om Jehovah nooit te vergeet nie

Help jou gesin om Jehovah nooit te vergeet nie

Jeremia het die opdrag gekry om die Jode te waarsku oor ’n naderende vernietiging omdat hulle Jehovah God vergeet het (Jer 13:25). Hoe het die nasie in hierdie slegte geestelike toestand beland? Die Israelitiese gesinne het geestelik swak geword. Gesinshoofde het nie Jehovah se riglyne in Deuteronomium 6:5-7 gevolg nie.

Gesinne wat geestelik sterk is, dra vandag tot die stabiliteit van ons gemeentes by. Gesinshoofde kan hulle gesin help om Jehovah nooit te vergeet nie deur middel van ’n gereelde en praktiese program vir Gesinsaanbidding (Ps 22:27). Kyk na die video “Hierdie woorde . . . moet in jou hart wees”—Onderhoude met gesinne. Beantwoord dan die volgende vrae:

  • Hoe het party gesinne ’n sukses gemaak van gesinsaanbidding, al was daar uitdagings?

  • Wat is ’n paar voordele van ’n gereelde en praktiese program vir Gesinsaanbidding?

  • Wat vind ek moeilik omtrent gesinsaanbidding en wat gaan ek daaromtrent doen?