Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 12-16

Israel het Jehovah vergeet

Israel het Jehovah vergeet

Jeremia het ’n moeilike toewysing ontvang. Dit sou illustreer dat Jehovah ’n einde wou maak aan die hardkoppige trots van Juda en Jerusalem.

Jeremia het ’n linnegordel gekoop

13:1, 2

  • Die gordel wat styf om sy heupe vasgebind was, het afgebeeld watter hegte verhouding daar tussen Jehovah en die nasie kon wees

Jeremia het die gordel na die Eufraatrivier geneem

13:3-5

  • Hy het dit in die kloof van ’n krans weggesteek en toe na Jerusalem teruggegaan

Jeremia het na die Eufraatrivier teruggekeer om die gordel te gaan haal

13:6, 7

  • Die gordel was verrot

Nadat Jeremia die toewysing uitgevoer het, het Jehovah die betekenis daarvan verduidelik

13:8-11

  • Die feit dat Jeremia opreg gehoorsaam was in iets wat dalk klein gelyk het, het ’n rol gespeel in Jehovah se pogings om die volk se hart te bereik