’n Suster nooi iemand na die Gedenkmaal in Slowenië

LEWE EN BEDIENING-VERGADERINGWERKBOEK Maart 2018

Voorgestelde gesprekke

Gesprekke gebaseer op die kampanje vir die Gedenkmaaluitnodiging en die vrae: Hoekom het Jesus gesterf? Wat word deur die losprys moontlik gemaak?

SKATTE UIT GOD SE WOORD

“Elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees”

Wat is vir ons die belangrikste in ons diens? Fokus ons veral op die dinge wat vir ons eer en lof bring? ’n Nederige dienaar doen dikwels werk wat net deur Jehovah God gesien word.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Wees gehoorsaam aan die twee grootste gebooie

Volgens Jesus, wat is die twee grootste gebooie in die Bybel? Hoe kan ons wys dat ons aan hierdie gebooie gehoorsaam is?

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Liefde vir God en ons naaste — Hoe om dit aan te leer

Ons moet God en ons naaste liefhê. Een belangrike manier is om elke dag die Bybel te lees.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Bly geestelik wakker in hierdie laaste dae

Die meeste mense het vandag toegelaat dat die alledaagse dinge van die lewe vir hulle belangriker word as geestelike dinge. Hoe verskil Christene wat geestelik wakker is se beskouing van dié van mense in die wêreld?

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Naby aan die einde van hierdie stelsel van dinge

Hoe wys Jesus se woorde dat die einde van hierdie wêreld baie naby is? Hierdie vraag en ander vrae word bespreek in die video Naby aan die einde van hierdie stelsel van dinge.

SKATTE UIT GOD SE WOORD

‘Hou aan waak’

Wie word voorgestel deur die bruidegom, die verstandige maagde en die dwase maagde in die gelykenis van die tien maagde? Wat beteken hierdie gelykenis vir jou?

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Leer jou student hoe om voor te berei

Ons moet ons studente reg van die begin af help om die gewoonte aan te leer om vir hulle studie voor te berei. Hoe kan ons dit doen?