Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 25

‘Hou aan waak’

‘Hou aan waak’

25:1-12

Hoewel Jesus met sy gesalfde volgelinge gepraat het toe hy die gelykenis van die tien maagde vertel het, is die boodskap daarin vir alle Christene bedoel (w15 3/15 9-14). “Hou dus aan waak, want julle weet nie die dag en ook nie die uur nie” (Mt 25:13). Kan jy Jesus se gelykenis verduidelik?

  • Bruidegom (vs. 1) — Jesus

  • Verstandige maagde wat gereed is (vs. 2) — Gesalfde Christene wat gereed is om hulle toewysing getrou uit te voer en wat tot die einde toe as ligte skyn (Flp 2:15)

  • Die geroep: “Hier is die bruidegom!” (vs. 6) — Bewys van Jesus se teenwoordigheid

  • Dwase maagde (vs. 8) — Gesalfde Christene wat gaan om die Bruidegom te ontmoet, maar hulle hou nie aan waak en bly nie getrou en lojaal nie

  • Die verstandige maagde weier om hulle olie te deel (vs. 9) — Ná die finale verseëling is dit te laat vir die getroue gesalfdes om enigiemand te help wat nie getrou gebly het nie

  • ‘Die bruidegom het daar aangekom’ (vs. 10) — Jesus kom naby aan die einde van die groot verdrukking om te oordeel

  • Die verstandige maagde gaan saam met die bruidegom na die huweliksfees en die deur word toegemaak (vs. 10) — Jesus neem sy getroue gesalfdes na die hemel, maar dié wat nie getrou is nie, verloor hulle hemelse beloning