Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Leer jou student hoe om voor te berei

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Leer jou student hoe om voor te berei

WAAROM DIT BELANGRIK IS: Wanneer Bybelstudente voorberei, is dit vir hulle makliker om die dinge wat ons hulle leer te verstaan en te onthou. Hoe meer hulle verstaan en onthou, hoe vinniger sal hulle vordering maak. Selfs nadat hulle gedoop is, moet hulle vir vergaderinge en velddiens voorberei sodat hulle ‘kan aanhou waak’ (Mt 25:13). As hulle weet hoe om te studeer en ’n goeie studieroetine het, sal hulle vir die res van hulle lewe daarby baat vind. Ons moet ons studente reg van die begin af help om die gewoonte aan te leer om vir hulle Bybelstudie voor te berei.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Stel ’n goeie voorbeeld (Ro 2:21). Hou die student in gedagte elke keer wanneer jy voorberei (km 11/15 3). Wys vir hom hoe jy onderstreep het

  • Moedig hom aan om voor te berei. Wanneer die studie eers aan die gang is, kan jy vir hom verduidelik dat voorbereiding deel van die Bybelstudiereëling is en hoekom dit voordelig is. Gee praktiese voorstelle oor hoe hy tyd opsy kan sit vir voorbereiding. Party onderrigters gee tydens een van die Bybelstudies hulle eie onderstreepte publikasie vir die student sodat hy kan sien hoe dit ’n mens help. Prys hom wanneer hy voorberei

  • Wys vir hom hoe om voor te berei. Partykeer gebruik onderrigters aan die begin ’n hele studiesessie om die student te leer hoe om voor te berei