Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om goeie briewe te skryf

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om goeie briewe te skryf

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Die boek 1 Korintiërs is een van 14 briewe wat die apostel Paulus geskryf het om mede-Christene aan te moedig. Wanneer iemand ’n brief skryf, het hy tyd om sy woorde goed te kies, en die persoon wat die brief ontvang, kan dit oor en oor lees. Briewe is ’n goeie manier om vir familielede en kennisse te getuig. Briewe kan ook goed gebruik word om te getuig vir diegene met wie ons nie persoonlik kan praat nie. Byvoorbeeld, iemand stel dalk in die waarheid belang, maar ons kan hom nie tuis vind nie. Dit is dalk moeilik om by party mense in ons gebied uit te kom omdat hulle in woonstelblokke met streng sekuriteit, in afgesperde woongebiede of op afgeleë plekke woon. Wat kan ons in gedagte hou, veral wanneer ons vir ’n vreemdeling skryf?

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Sê wat jy by die deur sou gesê het. Verduidelik aan die begin van die brief wie jy is en sê duidelik wat die doel van jou brief is. Vra dalk vir die persoon ’n vraag waaroor hy kan nadink en verwys hom na die webwerf. Vertel dan vir hom van die Bybelstudielesse wat aanlyn in Engels beskikbaar is. Jy kan ook verduidelik hoe ons tuisbybelstudieprogram werk of ’n paar van die onderwerpe uit een van ons studiehulpe noem. Lektuur soos ’n kontakkaartjie, ’n uitnodiging of ’n pamflet kan by hierdie brief ingesluit word

  • Hou dit kort. Eindig jou brief voordat die ontvanger moeg word om dit te lees. – Sien die voorbeeldbrief

  • Proeflees die brief om te kyk of daar foute is en of die skrif maklik leesbaar is. Maak seker dat dit vriendelik, taktvol en positief klink. Plak genoeg posseëls op die brief