Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Voorbeeldbrief

Voorbeeldbrief
  • Gebruik jou eie posadres. As jy dink dat dit nie ’n baie goeie idee is om jou eie adres te gee nie, mag jy die Koninkryksaal se adres gebruik as die ouer manne jou toestemming gee. Maar jy moet NOOIT die takkantoor se adres as jou posadres gebruik nie.

  • Gebruik die persoon se naam as jy weet wie dit is. Dan sal die mense nie die idee kry dat dit ’n advertensie is nie.

  • Maak seker dat jou spelling, grammatika en leestekens reg is. Die brief moet netjies wees, nie slordig nie. As jy dit met die hand skryf, moet die mense dit maklik kan lees. Moenie te informeel of te formeel wees nie.

Die voorbeeldbrief op hierdie bladsy wys hoe jy dit kan doen. Jy moet dit nie woord vir woord gebruik elke keer wanneer jy vir iemand in julle gebied skryf nie. Hou die doel van jou brief, asook die plaaslike omstandighede en gebruike, in gedagte en skryf jou brief daarvolgens.