Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig

Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig

Visuele hulpmiddels boei die aandag van die persoon wat daarna kyk, en dit help hom om dit wat hy leer te verstaan en te onthou. Ons Grootse Onderrigter, Jehovah, het ook visuele hulpmiddels gebruik om belangrike lesse te leer (Ge 15:5; Jer 18:1-6). Die Groot Leermeester, Jesus, het dit ook gebruik (Mt 18:2-6; 22:19-21). Een van hierdie visuele hulpmiddels is video’s, en in onlangse jare het hierdie video’s mense al baie gehelp. Maak jy goed gebruik van video’s wanneer jy jou Bybelstudente onderrig?

Daar is tien video’s voorberei om ons te help om vir mense die lesse te leer in die brosjure Goeie nuus wat van God kom! Die meeste van die video’s se titels is dieselfde as een van die vrae in vetdruk wat in die brosjure verskyn. Die digitale publikasie bevat skakels wat ons daaraan herinner wanneer ons hierdie video’s moet wys. Dan is daar ook ander video’s wat saam met die verskillende studiepublikasies in ons Gereedskapskissie vir Onderrigting gebruik kan word.

Sukkel jou student om ’n sekere Bybelonderwerp te verstaan of gaan hy dalk deur ’n moeilike tyd? Soek vir ’n video op jw.org® en JW Broadcasting® wat hom kan help. Jy en jou student kan dalk saam na een van hierdie video’s kyk en dit dan bespreek.

Daar word elke maand nuwe video’s vrygestel. Terwyl jy daarna kyk, kan jy gerus dink aan hoe jy dit kan gebruik wanneer jy ander onderrig.