Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | ROMEINE 12-14

Wat dit beteken om Christelike liefde te betoon

Wat dit beteken om Christelike liefde te betoon

12:10, 17-21

Wanneer iemand ons onregverdig behandel, sal ons hom nie probeer terugkry nie. Maar dit is nie al nie. Christelike liefde beteken dat ons ook iets goeds vir die persoon sal doen. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, sal jy vurige kole op sy hoof hoop” (Ro 12:20). As ons goedhartig is teenoor iemand wat ons sleg behandel het, kan daardie persoon dalk spyt voel oor wat hy of sy gedoen het.

Hoe het jy gevoel toe jy iemand se gevoelens per ongeluk seergemaak het en daardie persoon goedhartig teenoor jou was?