Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 29-30

Jakob trou

Jakob trou

29:18-28

Jakob het nie voor die tyd geweet hoeveel probleme sy getroude lewe sou inhou nie. Ragel en Lea het teen mekaar gedraai (Ge 29:32; 30:1, 8). Maar al het Jakob probleme gehad, het hy gesien dat Jehovah met hom is (Ge 30:29, 30, 43). Later het sy nakomelinge die nasie Israel geword. – Rut 4:11.

Vandag sal dié wat besluit om te trou ook probleme hê (1Kor 7:28). Maar hulle kan nog steeds ’n suksesvolle huwelik en ’n mate van geluk hê as hulle op Jehovah vertrou en Bybelbeginsels toepas. – Spr 3:5, 6; Ef 5:33.