Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Preek vir die blindes

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Preek vir die blindes

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Mense wat blind is, voel nie altyd gemaklik om met vreemdelinge te praat nie. En daarom moet ons op ’n vaardige manier vir sulke mense preek. Jehovah wys dat hy vir blinde mense lief is en vir hulle omgee (Le 19:14). Ons kan Jehovah se voorbeeld volg en blinde mense help om hom beter te leer ken.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • “Soek” na die blindes (Mt 10:11). Ken jy iemand wat ’n blinde familielid het? Is daar in jou gebied skole, versorgingsfasiliteite of ander fasiliteite wat graag publikasies wil hê wat spesifiek vir blindes gemaak is?

  • Wys persoonlike belangstelling. As jy vriendelik is met ’n blinde persoon en wys dat jy opreg in hom of haar belangstel, sal dit hulle help om op hulle gemak te voel. Probeer om ’n gesprek te begin oor iets waarin mense in julle gebied belangstel

  • Help hulle om nader aan Jehovah te kom. Die organisasie voorsien lektuur in verskillende vorms om blindes of mense wat nie goed kan sien nie, te help. Vra vir die persoon op watter manier hy graag sal wil leer. Die diensopsiener moet seker maak dat die lektuurkneg die spesifieke lektuur bestel wat die blinde persoon verkies.