Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wie sal ek nooi?

Wie sal ek nooi?

Ons werk elke jaar hard om mense in die gebied te nooi om saam met ons na die Gedenkmaal toe te kom. Die meeste van hulle is mense wat ons nie ken nie. Ons moet ook mense nooi wat ons ken. Mense wat ’n uitnodiging kry by iemand wat hulle ken, sal makliker kom (yb08 11 ¶3; 14 ¶1). Wie kan jy nooi?

  • Familie

  • Werksmaats of skoolmaats

  • Bure

  • Herbesoeke en vorige en bestaande Bybelstudente

En dan sal die ouermanne ook dié nooi wat onaktief is. Sê nou iemand wat jy ken, bly nie in jou area nie? Jy kan uitvind waar en wanneer die Gedenkmaal gehou sal word in die area waar hy bly deur op die “OMTRENT ONS”-blokkie boaan die jw.org-tuisblad te klik en “Gedenkmaal” te kies. Terwyl jy voorberei vir hierdie jaar se Gedenkmaal kan jy dink aan dié wat jy kan vra en hulle dan persoonlik nooi.