DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Berei jy voor vir die Gedenkmaal?
Jesus se laaste Pasga sou belangrik wees. Omdat hy binnekort sou sterf, het hy beplan om die Pasgamaaltyd saam met sy apostels te eet en om ’n nuwe jaarlikse herdenking, die Here se Aandmaal, in te stel. Hy het Petrus en Johannes gestuur om die kamer te gaan voorberei. (Lu 22:7-13; sien voorblad.) Dit herinner ons daaraan dat ons moet voorberei vir die Gedenkmaal op 27 Maart. Gemeentes het waarskynlik al reëlings getref vir ’n spreker, die embleme, ensovoorts. Maar wat kan elkeen van ons doen om voor te berei vir die Gedenkmaal?
Berei jou hart voor. Lees die Bybelleesgedeelte vir die Gedenkmaal en dink daaroor na. Daar is ’n rooster in Ondersoek die Skrif elke dag. Aanhangsel B12 in die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel het ’n rooster met meer besonderhede. (Sien ook die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek van April 2020.) Gesinne kan die belangrikheid van die losprys tydens gesinsaanbidding bespreek. Hulle kan inligting daaroor kry in die Watch Tower Publications Index of die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies.
Nooi ander. Ondersteun die kampanje om die uitnodiging te versprei ten volle. Dink aan dié wat jy kan nooi, soos herbesoeke, vorige Bybelstudente, mense wat jy ken en familie. Ouermanne moet seker maak dat hulle onbedrywige verkondigers nooi. Onthou, as iemand nie in jou omgewing bly nie, kan jy uitvind waar en wanneer die Gedenkmaal gehou sal word in die omgewing waar hy bly deur op die “OMTRENT ONS”-blokkie boaan die jw.org-tuisblad te kliek en “Gedenkmaal” te kies.
Wat kan ons nog doen om voor te berei?