LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Gebruik God se Woord
God se Woord het krag! (Heb 4:12). Dit kan selfs die harte raak van dié wat God nie ken nie (1Te 1:9; 2:13). Dit maak ons baie bly as iemand opgewonde raak wanneer ons vir hom iets nuuts in die Bybel wys.
KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – GEBRUIK DIE KRAG VAN GOD SE WOORD, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het Neeta die krag van God se Woord gebruik deur Jade te help om te verstaan hoekom dit sin maak om antwoorde in God se Woord te soek?
-
Hoe het Neeta die krag van God se Woord gebruik deur Jade te vra om die teks hardop te lees en toe die hoofgedagte van die vers te beklemtoon?
-
Wat wys dat die teks Jade se hart geraak het, en watter uitwerking dink jy het dit op Neeta gehad?