Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Vra vrae

Vra vrae

Jehovah, “die gelukkige God”, wil hê dat ons die bediening moet geniet (1Ti 1:11). Hoe meer ons ons vaardighede verbeter, hoe meer vreugde sal ons hê. Vrae kan belangstelling wek en is ’n natuurlike manier om ’n gesprek te begin. Vrae moedig mense aan om te dink en te redeneer (Mt 22:41-45). Wanneer ons vrae vra en dan luister, sê ons as ’t ware: ‘Jy is vir my belangrik’ (Jak 1:19). Die persoon se antwoorde sal vir ons ’n beter idee gee van die rigting waarin ons die gesprek moet stuur.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – VRA VRAE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter goeie eienskappe het Jade gehad?

  • Hoe het Neeta vrae gebruik om persoonlike belangstelling in Jade te wys?

  • Hoe het Neeta vrae gebruik om Jade se belangstelling in die goeie nuus verder te ontwikkel?

  • Hoe het Neeta vrae gebruik om Jade te help om te dink en te redeneer?