DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Kies jou vriende wyslik
Dit wat op die vlaktes van Moab met Israel gebeur het, is ’n voorbeeld van waarskuwing vir Christene (1Kor 10:6, 8, 11). Die vroue van Moab was seksueel onsedelik en het afgode aanbid, en die Israeliete wat met hulle begin assosieer het, is mislei en het baie slegte dinge gedoen. Die gevolge was rampspoedig (Nu 25:9). Oral om ons is daar werksmaats, skoolmaats, bure, familie en ander mense wat ons ken wat Jehovah nie aanbid nie. Wat kan ons leer uit hierdie Bybelverslag oor die gevare daarvan om vriende te wees met daardie mense?
KYK NA DIE VIDEO WAARSKUWENDE VOORBEELDE VIR ONS DAG – UITTREKSEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Watter verkeerde dinge het Simri en ander vir Jamin gesê?
-
Hoe het Pinehas Jamin gehelp om die regte sienswyse te kry?
-
Wat is die verskil tussen vriendelikheid teenoor en vriendskap met ’n ongelowige persoon?
-
Hoekom moet ons selfs in die gemeente versigtig wees wanneer ons hegte vriende kies?
-
Hoekom moet ons wegbly van kletskamers op sosiale media van mense wat ons nie persoonlik ken nie?