SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Ek is . . . jou erfdeel”
Jehovah het vir die priesters en die Leviete ’n kosbare en belangrike werk gegee (Nu 18:6, 7)
Die stam van Levi het nie ’n deel van die grond gekry nie, maar Jehovah was hulle erfdeel (Nu 18:20, 24; w11 9/15 13 ¶9)
Die nasie het ’n tiende van hulle opbrengs gegee om die Leviete en die priesters te ondersteun (Nu 18:21, 26, 27; w11 9/15 7 ¶4)
Jehovah het vir die priesters en die Leviete belowe dat hy vir hulle die basiese dinge sou gee wat hulle sou nodig hê. Ons kan die volle vertroue hê dat Jehovah ons sal ondersteun as ons opofferings maak om hom te dien.