Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Alle probleme het ’n vervaldatum

Alle probleme het ’n vervaldatum

Probleme kan ons maklik mismoedig maak, veral as dit vir ’n lang ruk aanhou. Dawid het geweet dat sy probleem met koning Saul uiteindelik tot ’n einde sou kom en dat hy koning sou word, soos Jehovah belowe het (1Sa 16:13). Dawid se geloof het hom gehelp om geduldig te wees en om op Jehovah te wag.

Wanneer ons probleme het, kan ons verstandig wees en kennis of denkvermoë gebruik om ons situasie te verander (1Sa 21:12-14; Spr 1:4). Maar sommige probleme sal aanhou, al het ons alles gedoen wat ons kon volgens Bybelbeginsels. In sulke situasies moet ons geduldig wees en op Jehovah wag. Binnekort sal hy al ons probleme wegneem en “elke traan” van ons oë afvee (Op 21:4). Of dinge nou beter word as gevolg van Jehovah se hulp of as gevolg van ander redes, ons kan van een ding seker wees: Alle probleme het ’n vervaldatum. Hierdie feit kan vir ons ’n mate van vertroosting gee.

KYK NA DIE VIDEO ’N VERENIGDE VOLK IN ’N VERDEELDE WÊRELD, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter uitdagings het party Christene in die suidelike deel van die Verenigde State gehad?

  • Hoe het hulle gewys dat hulle geduldig en liefdevol is?

  • Hoe het hulle aangehou om te fokus op “die belangriker dinge”? – Flp 1:10.