Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Drie maniere om op Jehovah te vertrou

Drie maniere om op Jehovah te vertrou

Dawid het Goliat oorwin omdat hy op Jehovah vertrou het (1Sa 17:45). Jehovah wil sy krag gebruik om al sy knegte te help (2Kr 16:9). Hoe kan ons op Jehovah se hulp vertrou eerder as op ons eie ondervinding en vermoë? Hier is drie maniere:

  • Bid gereeld. Moenie net bid dat God jou vergewe nadat jy ’n fout gemaak het nie, maar vra hom ook om jou te help wanneer jy versoek word om iets verkeerds te doen (Mt 6:12, 13). Moenie net bid dat Jehovah jou besluite seën nadat jy dit gemaak het nie, maar vra hom ook vir sy leiding en wysheid voordat jy besluite maak. – Jak 1:5.

  • Lees en studeer die Bybel gereeld. Lees die Bybel elke dag (Ps 1:2). Dink mooi na oor Bybelvoorbeelde, en pas die lesse toe wat jy geleer het (Jak 1:23-25). Berei vir die veldbediening voor eerder as om op jou persoonlike ondervinding te vertrou. Berei vir gemeentelike vergaderinge voor om die meeste daaruit te kry.

  • Werk saam met Jehovah se organisasie. Bly op datum wanneer dit kom by riglyne van die organisasie, en wees gou om dit te gehoorsaam (Nu 9:17). Luister na die ouermanne wanneer hulle raad en instruksies gee. – Heb 13:17.

KYK NA DIE VIDEO GEEN REDE OM BANG TE WEES VIR VERVOLGING NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

• Waarvoor was die broers en susters bang?

• Wat het hulle gehelp om hulle gevoelens te hanteer?