LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Help jou Bybelstudente om onrein gewoontes af te leer
Net dié wat volgens die Bybel se standaarde lewe, kan ’n sterk verhouding met Jehovah hê (1Pe 1:14-16). Terwyl Bybelstudente slegte gewoontes afleer, sal hulle gesinslewe, gesondheid en geldsake dalk ook verbeter.
Verduidelik mooi vir hulle wat Jehovah se standaarde is, hoekom hy dit gee en hoekom dit goed is om te doen wat hy sê. Fokus daarop om jou studente te help om die manier hoe hulle dink, te verander en dan sal hulle kan doen wat Jehovah wil hê (Ef 4:22-24). Verseker hulle dat hulle met Jehovah se hulp kan ophou met slegte dinge wat hulle al vir ’n lang ruk doen (Flp 4:13). Leer hulle om Jehovah te smeek om hulle te help wanneer hulle in die versoeking kom om te sondig. Help hulle om situasies raak te sien wat dit vir hulle moeilik sal maak om te doen wat reg is en om dan daardie situasies te vermy. Moedig hulle aan om onrein gewoontes met goeie gewoontes te vervang. Dit maak ’n mens baie bly wanneer jy sien dat Bybelstudente dit regkry om veranderinge te maak met Jehovah se hulp.
KYK NA DIE VIDEO HELP JOU BYBELSTUDENTE OM ONREIN GEWOONTES AF TE LEER, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het die ouermanne en Neeta gewys dat hulle vertroue in Jade gehad het?
-
Hoe het Neeta Jade verder gehelp?
-
Wat het Jade gedoen om Jehovah se hulp te kry?