Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe om die Bybelstudie-video’s te gebruik

Hoe om die Bybelstudie-video’s te gebruik

Ons het vier Bybelstudie-video’s om in die bediening te gebruik. Vir watter doel is elke video ontwerp?

  • Waarom moet jy die Bybel studeer? – Vollengte was ontwerp om mense te help om in die Bybel belang te stel maak nie saak wat hulle godsdiensoortuigings is nie. Dit moedig mense aan om antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe in die Bybel te soek, en dit gee ’n voorsmakie van die logiese antwoorde wat in die Bybel gevind word. Dit verduidelik hoe iemand vir ’n Bybelstudie kan vra.

  • Waarom moet jy die Bybel studeer? (verkorte weergawe) is soortgelyk aan die vollengte video, maar dis omtrent ’n derde van die lengte. Dit is dalk meer effektief in gebiede waar mense haastig is.

  • Wat gebeur tydens ’n Bybelstudie? was ontwerp om mense te help om in ons gratis Bybelstudieprogram belang te stel en om ’n paar algemene vrae daaroor te beantwoord, insluitende hoe om vir ’n Bybelstudie te vra.

  • Welkom by jou Bybelstudie was ontwerp om vir Bybelstudente te wys. Alhoewel die video op bladsy twee van die boek Geniet die lewe vir ewig! verskyn, kan dit gewys word wanneer julle die brosjure Geniet die lewe vir ewig! bespreek. Die video verduidelik die inhoud van die boek en wat die student gedurende die besprekings kan verwag.

Alhoewel elke video vir ’n spesifieke doel ontwerp is, kan enige van die video’s gewys word of na mense gestuur word wanneer dit gepas is. Verkondigers word aangemoedig om die video’s goed te ken en om goed daarvan gebruik te maak in die bediening.