SKATTE UIT GOD SE WOORD
“My hart sal altyd daar wees”
Jehovah het die tempel vir homself gekies (2Kr 7:11, 12)
Jehovah se hart sou altyd daar wees, dit het gewys dat hy baie belang sou stel in wat by hierdie huis wat sy naam dra, sou gebeur (2Kr 7:16; w02 11/15 5 ¶1)
As die volk sou ophou om Jehovah “met hulle hele hart” te volg, sou hy toelaat dat die tempel vernietig word (2Kr 6:14; 7:19-21; it-2-E 1077-1078)
Toe die tempel toegewy was, het die volk heel moontlik gedink dat hulle hart altyd by die tempel sou wees. Ongelukkig het die volk geleidelik hulle ywer om Jehovah te aanbid, verloor.
VRA JOU AF: ‘Hoe wys ek dat my hart betrokke is by my aanbidding?’