Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

1-7 April

PSALM 23-25

1-7 April

Lied 4 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. “Jehovah is my Herder”

(10 min.)

Jehovah lei ons (Ps 23:​1-3; w11 5/1 31 ¶3)

Jehovah beskerm ons (Ps 23:4; w11 5/1 31 ¶4)

Jehovah voed ons (Ps 23:5; w11 5/1 31 ¶5)

Jehovah sorg vir sy knegte net soos ’n liefdevolle herder vir sy skape sorg.

VRA JOU AF: ‘Hoe het Jehovah vir my persoonlik gesorg?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 23:3 – Wat is “die paaie van regverdigheid”, en wat sal ons help om daarop te bly? (w11 2/15 24 ¶1-3)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Deel ’n aanmoedigende Bybelvers met iemand wat vir jou sê dat hy bekommerd is oor die omgewing (lmd les 2: Punt 5).

5. Volg op

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Demonstreer ’n Bybelstudie vir iemand wat die Geniet die lewe vir ewig!-brosjure aanvaar het (lmd les 9: Punt 3).

6. Maak dissipels

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 54

7. Ons verwerp die stem van vreemdelinge

(15 min.) Bespreking.

Skape luister na die stem van hulle herder en volg hom. Maar hulle hardloop weg van ’n vreemdeling wie se stem hulle nie ken nie (Joh 10:5). Net so luister ons na die stem van ons liefdevolle en betroubare geestelike Herders, Jehovah en Jesus (Ps 23:1; Joh 10:11). Maar ons verwerp die stem van vreemdelinge wat probeer om ons geloof met “valse woorde” te verswak. – 2Pe 2:​1, 3.

Genesis hoofstuk drie beskryf die eerste keer toe die stem van ’n vreemdeling op die aarde gehoor was. Satan het nie vir Eva gesê wie hy werklik was nie en op hierdie manier het hy haar mislei. Hy het gemaak asof hy haar vriend is en het Jehovah se woorde en motiewe verdraai. Ongelukkig het Eva na hom geluister, en dit het gelei tot die swaarkry van haar en haar familie.

Vandag probeer Satan saadjies van twyfel oor Jehovah en sy organisasie te saai deur negatiewe verslae, halwe waarhede en leuens te versprei. Wanneer ons die stem van ’n vreemdeling hoor, moet ons vlug! Om te luister, selfs net vir ’n kort tydjie omdat jy nuuskierig is, is gevaarlik. Hoeveel woorde het Satan nodig gehad om Eva in hulle kort gesprek te mislei? (Ge 3:​1, 4, 5). Maar wat as iemand wat ons ken – iemand wat lief is vir ons en goeie bedoelings het – negatiewe inligting oor Jehovah se organisasie met ons wil deel?

Speel die VIDEO Verwerp “die stem van vreemdelinge”. Vra dan vir die gehoor:

Wat het jy geleer uit die manier hoe Jade die situasie hanteer het met haar ma wat nie ’n Getuie is nie?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 55 en gebed